WIE’S EK?

Ons woon aan die verre Wesrand – hoofsaaklik tussen mynhope, maar darem ook naby ‘n paar pragtige, interessante plekke.

Beterhelfte en ek het ‘n saamgestelde gesin (yours, mine and ours), dus is ek met trots ‘n MA van vier volwasse kinders (twee reeds getroud – eintlik dus ses), MAMMA van Laatlam (9) en OUMIE van twee pragtige dogtertjies (byna drie jaar oud – nie ‘n tweeling nie).

Laatlam en die twee kleintjies hou ons letterlik en figuurlik op ons tone (en jonk!). Ons lewens is baie, baie bedrywig en naweke is absolute GOUD! Dankie tog vir ‘n nes waar ek net ek kan wees!

Ek vereenselwig myself graag met Kosmos – groei waar ek geval het en blom eenvoudig, voluit en ryklik uit die Heer se genade!

My gedagtes kan wye, ver paaie (soms ompaaie!) met my loop. Ek neem moeilik besluite (is ‘n Weegskaal, indien jy dalk wonder!) en is nogal kreatief.  Om dinge te verwoord op skrif is vir  my baie makliker as om te praat.  Ek is nogal teruggetrokke (so ‘n bietjie van ‘n “Loner”) maar geniet dit om mense dop te hou. My vriendekring is klein, maar innig (die engele op my pad en elkeen baie spesiaal en besonder).  Ek hou glad nie van die kalklig nie!

Ek is baie lief vir my gesin en my huis.  Ek het ‘n besondere liefde vir klein kindertjies, diere en die natuur.

My doel met hierdie blog is om my innerlike draadwerk te verwoord (ook natuurlik om ander se draadwerk te ervaar en probeer verstaan) en – wie weet – dalk vind ons ‘n weerklank êrens.

Advertisements

5 Responses

  1. Hi Von, jy’t op my blog-“site” ‘n draai gemaak en toe het ek hierdie interessante een van jou besoek.

    Ek moet sê ek is nogal verstom om te sien hoe baie ons in gemeen het. Ek is ook in ‘n “yours” en “mine” huwelik – ons het egter nie ‘n “ours” nie. Ek het 2 dogters en hy ‘n grootmaak-seun. My oudste is getroud en ek het ook 2 gorgeous kleinkinders.

    Ek is weer nie so goed met woorde op skrif nie, probeer maar soms. Op ‘n manier is ek seker ook maar ‘n ‘loner’ en hou van my eie geselskap. Ek is gek oor die natuur – klim hier in ons berge rond.

    Ek is klein bietjie haastig en het nog nie alles gelees ( die stuk van jou ma lyk interessant, wil nog lees). Sal weer kom inloer.

    Elsabé ☺

  2. EK sien nou eers hierdie deeltjie Von… Maar jy weet mos ek leer maar stadig. Dis pragtig en dis lekker om saam met jou te blog!

  3. Ek kom weer hier kuier! Ook ‘n weegskaal…

  4. Ek behoort my te skaam ek was maande laas hier .. sien jy het nogal lanklaas ‘n nuwe inskrywing gemaak! Ek woeker maar lekker daar by my … die blog gogga het my nou behoorlik gebyt!! Hoop om sommer baie gou gou ietsie van jou te hoor – ‘n nuwe inskrywing!!

    Lekker middag verder.

  5. Geniet jou
    ek is nog ‘n agtergeblewende met al die tegnologie … is 68 jaar oud .. afgetree .. probeer opvang en inhaal … het self heelwat skryfseltjies deur die jare gedoen ..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: