VOOR MY Oë!

Hierdie is ‘n foto van Albert Einstein, of is dit?

Jy sal ongelukkig sowat 5 meter van jou rekenaar af moet wegstaan om te sien hoe hierdie foto verander in Marilyn Monroe. Ongelooflik!

It would be a sad situation if the wrapper were better than the meat wrapped inside it.

– Einstein – ☺☺☺

Ek plaas hierdie enetjie spesiaal vir Rosie!

Advertisements

24 Responses

  1. Ongelooflik!

  2. Kan jy glo, dat hulle so met ons oë smokkel!

  3. Ag hel Von! Jy weet my studeerkamer is te klein, kannie eers 2 meter van my rekenaar af wegkom nie!!!!! Ek sweer ek sien niks… 😆 😆 😆

  4. Dit werk.

    En ek is ‘n Marilyn Monroe aanhanger.

    Het glad in st. 9 my A vir Engels, moes verruil vir ‘n B, omdat ek een nag, tot na 1 gekyk het aan ‘n program oor haar, en te moeg was om die vraestel na behore te antwoord.

  5. Dit is baie koel.

    Moes amper uit my kantoor op die 10de verdieping klim om dit te sien, maar dit was die moeite werd.

  6. Ek kan dit nie glo nie, ek sien dit ook raak. Ek dink daar by Pikkie was so iets van ‘n boom wat eintlik iets van ‘n baba was, dit het my omtrent ‘n week gevat voor ek dit kon raak sien!

  7. Onthou julle nog daai prente wat mens so ‘n paar jaar gelede gekry het:

    Jy moes stip op een plek kyk en konsentreer, en dan het ‘n 3-D prent voor jou oe verskyn.

    Waarheen het daai craze verdwyn? Ek sou darem graag vir die knaap in ons huis dit wou wys.

  8. Skoor, ek het nog nooit daardie 3-D prentjies reggekry nie… seker te stupid om dit raak te sien!

  9. Nee man, my kantoor is nie so groot nie.

  10. oulike effek. nou kan ek nie help om te wonder hoe die beeld gemanipuleer is nie…hmm…

  11. Hallo julle almal! Daardie 3D-prentjies het vir my ook baie lank ore aangesit. Mettertyd het ek darem die kuns bemeester. Dit werk net vir my as ek die prent teenaan my neus hou (skeel is nie die woord nie!) en die prent dan baie, baie stadig agteruit beweeg sonder om jou oe te knip of konsentrasie te verloor.

  12. Heeehaaaa, Von, jy sal nou verstaan. Ek het die rekenaarskerm gedraai sodat hy so skuins skuins by die deur uitwys toe staan ek by die eetkamertafel en Voila!!!! Ek sien vir Marilyn!!!!! 😆 😆

  13. Cool, gelukkig is die meat in dei geval BAIE beter as die wrapper!

  14. My liewe aarde Von. Die inkomende skakel (ping?) het nie by my gewys nie en vandag besluit ek om by jou te kom inloer. En hier sien ek dit.

    Of het ek sowaar ‘n kommentaar gemis!

    Plaas jy kom skud my wakker.

    Dit is uber-cool. DANKIE!!

  15. Ek wonder saam Johan.

  16. Dis baie cool! 🙂

  17. Baie goed – ek wonder ook hoe dit gedoen is!!

  18. Waar is jy?

  19. Veg ek nou my pad oop hier deur die spinnerakke en stof!!!! Goeiste hoe nies ek nou!!! Hatishoe!!! :mrgreen: Aksie asseblief!!!! 😆 😆

  20. Baie, baie oulik!

  21. Von, is jy okay jong. Ek was al paar keer hier en dit is baie stil….

  22. Von baie geluk met jou verjaarsdag, mag al jou drome waar word in die nuwe jaar!! Geniet die dag!
    x x

  23. Skaamtelose selfpromosie: kom kyk wie het die eerste individuele Silwer Ponie gewen!

  24. GESEèNDE KERSFEES!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: