IETS OM OOR NA TE DINK

“If I had my child to raise all over again,

I’d finger-paint more, and point the finger less.

I would do less correcting and more connecting…..

I’d take my eyes off my watch, and watch with my eyes.

I’d stop playing serious, and seriously play…..

– Diane Loomans –

* Ons kinders word nie met ‘n vaste IK gebore nie.

* Elke kind erf potensiaal van sy ouers.

* By geboorte lê hierdie potensiaal opgesluit in biljoene “los” (onverbinde) breinselle.

* Verbinding tussen los breinselle vorm as gevolg van dag-tot-dag stimulasie, of toevallig, of doelbewus deur beplande aktiwiteite.

* Hoe meer verbindings tussen los breinselle gevorm word en hoe beter die kwaliteit van hierdie verbindings is, hoe intelligenter sal die brein funksioneer (Time – Feb 1997).

* Om skoolgereed te wees, moet ‘n kind in 50 verskillende areas goed ontwikkeld wees.

* Al hierdie areas bestaan gelyktydig vanaf geboorte tot sewe jaar en moet eweveel aandag kry om gebalanseerd, stap vir stap te ontwikkel.

* Elke kind het sy eie sterk punte en swak punte.

* Swak ontwikkelde areas lei tot onderprestasie.

* Die oplossing lê daarin dat ons ons kinders se sterk en swak punte ontdek, en dan daarop fokus om die swakker areas uit te skakel. So kan elke kind sy volle potensiaal bereik.

Die mees vatbare tydperk – 0 tot 2 jaar : 50% van jou kind se uiteindelike volwasse intelligensie is ontsluit op vierjarige ouderdom!

(Krediet : PRACTICA/Bridget Clarke Photography & Liam)

5 Responses

  1. Sjoe, baie insiggewend.

  2. Wow Von!!! Baie goed gedoen.
    (Ag help my net en sê vir my hoe julle langs ‘n prentjie geskryf kry!!!! It’s driving me nuts!) :mrgreen: 😕

  3. Pikkewyn: Jy doen eers jou skryfwerk klaar, posisioneer jou cursor waar jy die foto wil he en doen dan jou normale ‘add image to blog’ (kies net eers een van die opsies (left, right) voor jy die foto add. Jy kan ook jou foto op die blog self bietjie kleiner maak in die edit fase om meer skrif daarnaas te kry.
    Bly ek kan jou ook iets leer! Wens ek kan by jou uitkom – ek het baie vrae oor dinge wat die blogs raak. As ek so sukkel gaan daar te veel tyd verlore (my blogtyd is maar min) en moet ek dit maar opgee vir ‘n verlore saak tot die volgende keer wanneer daar weer bietjie tyd is.

  4. Ek wens elke ouer kan dit lees!

  5. Dis soos Dalean se, ek dink elke ouer behoort dit te lees.
    Mens besef nie altyd as ouer hoe die klein dingetjies wat jy doen en se, ef die dinge wat jy NIE doen en se nie, jou kind se lewe beinvloed nie.

Lewer kommentaar op Emil Kanselleer antwoord