THOSE WERE THE DAYS!

Aai, hoe lekker nostalgies raak ek toe in die proses van foto-soek van my matriekafskeid. Het sowaar ook nog die spyskaart van daardie aand (Sorry ouens, ek’s ‘n self-erkende-opgaarder, maar ek werk daaraan.)

Ek was in ‘n Handelskool. Ons was vier matriekklasse: een Engelse klas en drie Afrikaanse klasse. Nodeloos om te se, was die seuns maar eina-min in die hele skool, wat nog te se van in matriek! Ons kon dus elkeen ons eie maat vir die opwindende geleentheid saamvra.

Nie so maklik nie – GROOT probleem! Ek het op daardie stadium nog NOOIT eers uitgegaan nie, kon nie dans nie, wat nog te se van ‘n kerel gehad – raar, maar heeltemal waar. Ek was “sweet sixteen and never been kissed”. In daardie jare het ‘n meisie doodeenvoudig net nie ‘n seun uitgevra nie (altans, so het ek geglo). Ek was in sak en as, want wie vra ek nou (en eintlik mag ek nie vra nie!) – vir my was dit ‘n hele nagmerrie helder oordag (ek is eintlik’n introvert en was daardie tyd BAIE skaam en teruggetrokke). Ek het op Saterdae in ‘n hardeware winkel, waar my neef permanent werksaam was, gewerk vir sakgeld. Neef het toe ‘n outjie wat saam met ons gewerk het gevra om my te vergesel en die Kaap was genadiglik weer Hollands en my wereld reg op sy voete.

Ons tema was Oosters (sulke lekker pienk en wit kreukelpapierbloeisels die hele wereld vol – tot die potplanthouers was met groen kreukelpapier oorgetrek – eat your heart out!). My ma het my rok gemaak en ek het daardie aand werklik soos ‘n prinses gevoel – onthou, eerstes van alles!

Uit my dagboek: “By die voordeur het hy my in sy arms geneem en teer gesoen. ‘n Onvergeetlike oomblik. Ek het lank saam met hom gewerk en alhoewel dit die heel eerste maal was dat ons saam uit was, het ek oombliklik besef…” (oh no – can you believe this?) “…wat my gevoel vir hom is en uit vrees dat hy dit in my oe sou kon lees, het ek my losgemaak uit sy omhelsing en die deurklokkie gelui. Hy het liggies oor my hare gestreel en toe vertrek. Dis ‘n wonderlike, opborrelende gevoel hier binne in my.” (Wag hiervoor!) “My eerste liefde!! Nou besef ek natuurlik ook wat met “muisneste” bedoel word! (Kan jy nou glo dat ‘n eerste soen jou so lekker opgewonde kan laat voel – sommer LIEFDE? Ek het sweerlik te veel romantiese boeke gelees daardie tyd – of my roeping as skrywer heeltemal gemis!)

In elk geval: dis hoe dit was en toe was dit lekker! Nice om daaraan terug te dink.

(Sjoe, het nou byna veertig dae en veertig nagte gesukkel om hierdie twee items geskandeer en geplaas te kry!)

10 Responses

  1. Hallo Von! My eerste keer hier.
    Pragtige foto van jou en jou “eerste liefde”….
    Ek het ook nog my matriek uitnodigingskaartjie, maar die enigste foto wat ek gehad het is daarmee heen!

  2. Lekker inskrywing! Ek wil nie eers dink wat ek gaan raaklees as ek nou weer deur my hoërskool dagboeke moet gaan nie!

  3. Hi Von pragtig!!

    Ek is ook so opgaarder, ek moet bietjie al my goed ook gaan uitkrap om my geheue bietjie te verfris.

    Lekker om jou terug te hê

  4. Vriendin, jy lyk vandag nog nie ‘n dag ouer as wat jy daar gelyk het nie 😉 Ongelooflik!!! Ag dat so ‘n romantiese hart ook moes ouer word… 😆 Mis jou baie…

  5. Hmmmm, ek mis nog ‘n babafoto en ‘n liedjie wat opgeneem is in die jaar wat jy jou eerste asempie gegee het…

  6. Pik – OOOOOOOOOOOIIIIIIIII vir daardie nie ‘n dag ouer nie! Die romantiese hart het nog nooit beskaam nie…….. – net bietjie gebere!

    Wippie, om ‘n opgaarder te wees het definitief sy voordele. Ons kan skatte optower waaroor ander mense net jaloers kan wees. Ek is “kastig” besig om my goed bietjie uit te soek en van onnodige goed ontslae te raak. Jy het nie ‘n idee hoeveel keer ek gou weer iets uit die “uit”-boks gaan red nie – net vir ingeval!

  7. Von, die byna veertig dae en veertig nagte se gesukkel was darem die moeite werd 🙂

    Uit boks nommer hoeveel het jy die gevind? 😆

  8. Dis ‘n pragtige rok! Jy’t baie gelyk…

  9. Von

    Jy lyk vir my baie, maar baie bekend.

  10. A3 – seker vanaf Police File!

Lewer kommentaar op Zee Kanselleer antwoord