HALLO WêRELD!

Hallo julle!

Ek is alombekend as Von of Vonnie. Ek is ‘n nuwe blogsiel en sukkel heerlik met al die funksies, ditjies en datjies van hierdie wonderlike program! “Bear with me” en eersdaags gaan dit seker beter.   Hoewel ek baie mal is oor die blog-ding, is my tyd nogal beperk en kan dit nogal help as ek nie so baie sukkel nie.  ‘n Bietjie hulpverlening sal verwelkom word – voel vry daartoe.

Hoekom word my fotos byvoorbeeld op hul sye na die blogwerf getrek as hul heel normaal regop staan in die fotoprogram en hoe stel ek dit indie blogprogram reg – het probeer, maar helaas!

Dankie byvoorbaat vir al die hulp, kommentaar, ens wat my (en julle) gaan toeval – mag dit ‘n heerlike, wonderlike dag vir julle wees.

Advertisements

9 Responses

  1. Hi Von,

    Sjoe die foto probleem ken ek nie, is jou foto’s nie miskien te groot nie, maak dit kleiner (of kies medium as jy dit upload), vir wat sal die goed nou op hulle sye lê en slaap! 🙂 Ek kyk nuuskierig uit vir jou foto’s.

  2. Die bleddie foto’s! Seker is hulle so moeg soos hul tannie Pik, ek gaan vir my ‘n bleddie Kingsizebed koop! Genoeg is genoeg, alweer met net een boud op bed geslaap. Te veel aanhangsels… 😆

  3. Baie welkom in die blog wêreld!

  4. Hi, dink nou net aan iets, probeer eers jou foto’s op paint sit, as dit daar regop is, behoort dit op wordpress ook regop te wees. Probeer maar, of bel my. Mis julle, drukkie vir Xan…

  5. Pikkie en Von is julle van dieselfde bloed? Von bel dadelik vir Pikkie ek hou van foto’s…..

  6. Wipneus

    Pikkie en ek deel nie die bloedlyn nie (dalk net van Eva se kant af!). Ons het mekaar ontmoet as gevolg van Duitse Masels en my swangerskap met Laatlam – het mekaar seker maar in ‘n susterlike hoedanigheid aangeneem. Sy is Laatlam se peetma. Ons is baie lief vir mekaar, maar helaas – sy het vêr weggetrek, getrou en met ‘n gesin van haar eie begin. Ons sien mekaar nou BAIE min, verlang vreeslik en bly darem deur die elektroniese media op datum met alles.☺

  7. ‘n Toast op ‘n goeie vriendskap! cheers. 🙂

  8. Hallo daar en welkom. Vra vir Dellie, sy is slim met blog-goed. Ek is dom met rekenaargoed.
    Sien jou weer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: