VOOR MY Oë!

Hierdie is ‘n foto van Albert Einstein, of is dit?

Jy sal ongelukkig sowat 5 meter van jou rekenaar af moet wegstaan om te sien hoe hierdie foto verander in Marilyn Monroe. Ongelooflik!

It would be a sad situation if the wrapper were better than the meat wrapped inside it.

– Einstein – ☺☺☺

Ek plaas hierdie enetjie spesiaal vir Rosie!

EXPLANATION OF GOD (by an 8-year old)

The following essay was written by an 8-year-old named Danny Dutton, who lives in Chula Vista, CA. He wrote it for his third grade homework assignment, to ‘explain God’. I wonder if any of us could have done as well? [ ….. and he had such an assignment, in California, and someone published it, I guess miracles do happen! … ]

EXPLANATION OF GOD

“One of God’s main jobs is making people. He makes them to replace the ones that die, so there will be enough people to take care of things on earth. He doesn’t make grownups, just babies. I think because they are smaller and easier to make. That way He doesn’t have to take up His valuable time teaching them to talk and walk. He can just leave that to mothers and fathers.

God’s second most important job is listening to prayers. An awful lot of this goes on, since some people, like preachers and things, pray at times beside bedtime. God doesn’t have time to listen to the radio or TV because of this. Because He hears everything, there must be a terrible lot of noise in His ears, unless He has thought of a way to turn it off.

God sees everything and hears everything and is everywhere which keeps Him pretty busy. So you shouldn’t go wasting His time by going over your mom and dad’s head asking for something they said you couldn’t have.

Atheists are people who don’t believe in God. I don’t think there are any in Chula Vista. At least there aren’t any who come to our church.

Jesus is God’s Son. He used to do all the hard work, like walking on water and performing miracles and trying to teach the people who didn’t want to learn about God. They finally got tired of Him preaching to them and they crucified Him. But He was good and kind, like His Father, and He told His Father that they didn’t know what they were doing and to forgive them and God said O.K.

His Dad (God) appreciated everything that He had done and all his hard work on earth so he told him he didn’t have to go out on the road anymore. He could stay in heaven. So He did. And now He helps His Dad out by listening to prayers and seeing things which are important for God to take care of and which ones He can take care of Himself without having to bother God. Like a secretary, only more important.

You can pray anytime you want and they are sure to help you because they got it worked out so one of them is on duty all the time.

You should always go to church on Sunday because it makes God happy, and if there’s anybody you want to make happy, it’s God!

Don’t skip church to do something you think will be more fun like going to the beach. This is wrong. And besides the sun doesn’t come out at the beach until noon anyway.

If you don’t believe in God, besides being an atheist, you will be very lonely, because your parents can’t go everywhere with you, like to camp, but God can. It is good to know He’s around you when you’re scared, in the dark or when you can’t swim and you get thrown into real deep water by big kids.

But… you shouldn’t just always think of what God can do for you. I figure God put me here and He can take me back anytime he pleases.

And …that’s why I believe in God.”

‘n Haarstyl en ‘n Houding!

Te danke aan Sonkind se getagery het ons nou insae op almal se prille jeug gehad, behalwe vir ou agteros! Dis werklik cute en interessant om die doen en lates van ons ma’s met hulle babas/jong kinders te sien – die kleertjies, verjaarsdagkoeke, ens. En natuurlik hoe opeet-oulik almal was toe hulle so klein was. (Ek wed daar’s nou ‘n paar ouers wat wens hul het daardie tyd hul kleintjies opgeeet – sou hulle baie probleme later jare gespaar het – hiehie!)

Ek kom werklik tot die gevolgtrekking my ma was besonder gesteld op netheid, maar veral die perfekte haarstyl vir haar eersteling – dis ‘n ooglopende faktor deur al my kleintydfotos.

Hier was ek agt maande oud – let op die krulrolletjie wat baie versigtig om ma se wysvinger gekam is, sy het verseker nog kam-in-die-hand agter die fotograaf gestaan toe hierdie foto geneem is. (Sy was tot onlangs nog in oefening met die einste rolletjie op haar 1ste agterkleinkind se kop!) Daardie jare is die meeste ateljee babafotos deur Stella Nova Studios geneem. (Hoe lekker verklap ek nou die oudersom!)

Op foto nommer twee was ek 18 maande oud en lyk soos ‘n klein Portugesie! Die rede: my hare is ingedraai vir ELKE geleentheid. Sodra ons net ‘n blok of wat van die eindbestemming af was, is die krullers gou uitgehaal (babahaartjies is mos sag en val baie vinning plat/hang uit). Die doel heilig egter die middel en die eerste (regte) indruk is gestel deur my ma wat verseker baie trots was op haar bloedjie se haredos! Dink net hoeveel ure moes ek probeer stilsit onder my ma se kruldraaiende vingers – dis babamishandeling! Ma het seker maar altyd gewens sy het ‘n krulkop dogtertjie gehad (my “Wella-straights” het egter nog al die jare hul eie idee omtrent krulle gehad: glad nie!)

Op foto nommer drie is ek vyf en in graad een. Kyk net daardie twee stywe ponies en die lynreg paadjie! (Ek is seker die vel oor my gesig was styf getrek deur daardie twee stywe ponies.) Daar is sowaar nie ‘n haartjie uit plek vir hierdie baie belangrike eerste skoolfoto nie – daarvan het ma die oggend definitief BAIE seker gemaak.

Hierdie laaste foto het niks met hare te doen nie. Dis eintlik vir my die cuteste foto uit my kleintyd. Ek was ongeveer 6 of 7, ons het gekamp en ek moes afdroog terwyl daar natuurlik 101 ander dinge was wat ek eerder graag sou wou doen. Die dikbek spreek boekdele en nodeloos om te se: oor skottelgoed voel ek nou nog dieselfde, behalwe dat ek myself so oor die jare maar vereenselwig het met my lot en dit gedienstig en gedwee afhandel (het darem intussen ‘n skottelgoedwasser gekry). Ag-ja, wat sal ons nou se: “It starts when you sink in his arms and it ends with your arms in the sink!”

Mag julle elkeen ‘n wonderlike week beleef, ryk van ons Koning se genade en liefde!

IETS OM OOR NA TE DINK

“If I had my child to raise all over again,

I’d finger-paint more, and point the finger less.

I would do less correcting and more connecting…..

I’d take my eyes off my watch, and watch with my eyes.

I’d stop playing serious, and seriously play…..

– Diane Loomans –

* Ons kinders word nie met ‘n vaste IK gebore nie.

* Elke kind erf potensiaal van sy ouers.

* By geboorte lê hierdie potensiaal opgesluit in biljoene “los” (onverbinde) breinselle.

* Verbinding tussen los breinselle vorm as gevolg van dag-tot-dag stimulasie, of toevallig, of doelbewus deur beplande aktiwiteite.

* Hoe meer verbindings tussen los breinselle gevorm word en hoe beter die kwaliteit van hierdie verbindings is, hoe intelligenter sal die brein funksioneer (Time – Feb 1997).

* Om skoolgereed te wees, moet ‘n kind in 50 verskillende areas goed ontwikkeld wees.

* Al hierdie areas bestaan gelyktydig vanaf geboorte tot sewe jaar en moet eweveel aandag kry om gebalanseerd, stap vir stap te ontwikkel.

* Elke kind het sy eie sterk punte en swak punte.

* Swak ontwikkelde areas lei tot onderprestasie.

* Die oplossing lê daarin dat ons ons kinders se sterk en swak punte ontdek, en dan daarop fokus om die swakker areas uit te skakel. So kan elke kind sy volle potensiaal bereik.

Die mees vatbare tydperk – 0 tot 2 jaar : 50% van jou kind se uiteindelike volwasse intelligensie is ontsluit op vierjarige ouderdom!

(Krediet : PRACTICA/Bridget Clarke Photography & Liam)

THOSE WERE THE DAYS!

Aai, hoe lekker nostalgies raak ek toe in die proses van foto-soek van my matriekafskeid. Het sowaar ook nog die spyskaart van daardie aand (Sorry ouens, ek’s ‘n self-erkende-opgaarder, maar ek werk daaraan.)

Ek was in ‘n Handelskool. Ons was vier matriekklasse: een Engelse klas en drie Afrikaanse klasse. Nodeloos om te se, was die seuns maar eina-min in die hele skool, wat nog te se van in matriek! Ons kon dus elkeen ons eie maat vir die opwindende geleentheid saamvra.

Nie so maklik nie – GROOT probleem! Ek het op daardie stadium nog NOOIT eers uitgegaan nie, kon nie dans nie, wat nog te se van ‘n kerel gehad – raar, maar heeltemal waar. Ek was “sweet sixteen and never been kissed”. In daardie jare het ‘n meisie doodeenvoudig net nie ‘n seun uitgevra nie (altans, so het ek geglo). Ek was in sak en as, want wie vra ek nou (en eintlik mag ek nie vra nie!) – vir my was dit ‘n hele nagmerrie helder oordag (ek is eintlik’n introvert en was daardie tyd BAIE skaam en teruggetrokke). Ek het op Saterdae in ‘n hardeware winkel, waar my neef permanent werksaam was, gewerk vir sakgeld. Neef het toe ‘n outjie wat saam met ons gewerk het gevra om my te vergesel en die Kaap was genadiglik weer Hollands en my wereld reg op sy voete.

Ons tema was Oosters (sulke lekker pienk en wit kreukelpapierbloeisels die hele wereld vol – tot die potplanthouers was met groen kreukelpapier oorgetrek – eat your heart out!). My ma het my rok gemaak en ek het daardie aand werklik soos ‘n prinses gevoel – onthou, eerstes van alles!

Uit my dagboek: “By die voordeur het hy my in sy arms geneem en teer gesoen. ‘n Onvergeetlike oomblik. Ek het lank saam met hom gewerk en alhoewel dit die heel eerste maal was dat ons saam uit was, het ek oombliklik besef…” (oh no – can you believe this?) “…wat my gevoel vir hom is en uit vrees dat hy dit in my oe sou kon lees, het ek my losgemaak uit sy omhelsing en die deurklokkie gelui. Hy het liggies oor my hare gestreel en toe vertrek. Dis ‘n wonderlike, opborrelende gevoel hier binne in my.” (Wag hiervoor!) “My eerste liefde!! Nou besef ek natuurlik ook wat met “muisneste” bedoel word! (Kan jy nou glo dat ‘n eerste soen jou so lekker opgewonde kan laat voel – sommer LIEFDE? Ek het sweerlik te veel romantiese boeke gelees daardie tyd – of my roeping as skrywer heeltemal gemis!)

In elk geval: dis hoe dit was en toe was dit lekker! Nice om daaraan terug te dink.

(Sjoe, het nou byna veertig dae en veertig nagte gesukkel om hierdie twee items geskandeer en geplaas te kry!)

MY LIEWE MAMS……

My liewe Mams

 

Vandag – net so kort voor Moedersdag – het ons Mams se S-E-W-E-N-T-I-G-S-T-E verjaarsdag gevier!  Die sewentig kersies was nog nie eers almal aangesteek nie, toe moet ons al byna die Brandweer skakel vir die vreeslike vlam wat die lot brandende kersies tot gevolg gehad het!  Waar\'s die brandblusser?Gelukkig \'n Lang asem vir 70 kersies!is die asem nog lekker sterk en laaaaaank en was die hele vuur met een blaas geblus – dit wil gedoen word, hoor! 

 

Hene Mam, ek kan nie glo dat Mams al by sewentig trek in die lewe nie – die tyd vlieg net te vinnig – en juis dit het my baie diep laat nadink.

 

Met hierdie besonderse groot geleentheid wil ek uit die diepte van my harte vir so baie dinge baie dankie se.  Dinge wat ongemerk in die daaglikse sleur verbygaan, maar tog so ‘n blywende deel van ons elkeen se hele bestaan uitmaak, dat ons dit nie kan misken nie – die rol van ‘n Mammie in ons elkeen se lewe.

 

Eerstens, dankie aan ons Hemelse Vader wat Ma reeds vir 70 jaar vir ons gespaar het.  Ons bid dat Mams nog vir baie jare in goeie gesondheid ons lewens met ons sal deel.

 

Tweedens dankie dat Ma lief was vir ons Pa en dat ons Pa lief kon wees vir Mams – deur goeie en minder goeie tye – vir ‘n liefde wat vir ons ‘n tasbare ervaring was, jul mooi gesindheid teenoor mekaar en die voorbeeld wat dit vir ons gestel het van hoe ‘n liefdevolle huweliksverhouding kan en moet wees.  Dankie dat jy altyd netjies en goedversorg was wanneer hy smiddae tuis gekom het na ‘n dag se harde werk.  Ek weet ons huis was vir hom ‘n hawe, ‘n liefdevolle tuiskomplek.

 

Dankie dat Ma ons, Ma se kinders,  in gebed aan die Here opgedra het – van geboorte af en steeds – vir die eerste gebedjie wat ons aan Mams se knie geleer het en vir ons eerste bekendstelling aan Jesus se groot liefde vir ons.  Dit was Lewegewende saad waarmee ons self kon voortwoekker op vrugbare, voorbereide grond.

 

Dankie vir al die jare se liefde en toewyding aan Mams se gesin:  elke vuil babadoek wat geruil is;  elke drukkie;  elke soentjie;  elke pleister;  elke wakker nag langs ‘n siek kind se bed of opwag wanneer ‘n kind moes tuiskom. Dankie vir elke dik lip, gier en gril van elke kind; elke tiener/volwasse “grootbek”, beterweterigheid en houding wat Mams moes en steeds soms moet verduur;  elke bordjie kos;  elke kospakkie skool toe;  elke heerlike tuisgebakte koekie;  elke handgemaakte en -herstelde kledingstuk;  elke liefdevolle steek met die breipenne wat ontelbare vormlose bolle wol in pragtruie omskep het (sjoe, en daar was baie!);  elke gehekelde lappie – dat ons moederliefde kon ervaar van ‘n vrou wat baie liefde gehad het – en steeds het – om te gee.  Dankie dat Mams altyd vir ons daar was – en steeds is –wanneer ons op Mams se knoppie druk.  Dankie dat Ma vir ons die goeie rolmodel was van wat en hoe ‘n deugsame vrou en ma in haar huis behoort te wees.

 

Dankie dat ons huis altyd ‘n gesellige tuiste was;  dat gaste altyd welkom gevoel het en ons voordeur maar kon platloop.  Dankie vir die gemeensaamheid en samesyn wat ons as gesin gehad het.  Dankie vir elke speletjie wat ons as gesin saam gespeel het.  Vir die skoling van “vele hande, ligte werk” – dat ons van kleins af verantwoordelikheidsin geleer is.  Een van my gunsteling kleintyd herinneringe is waar Pa saans sit en trekklavier speel terwyl ons twee die skottelgoed was. 

 

Dankie dat ons geleer is om respek te he vir ander volke en hul kulture, dat daar in ons ‘n bewustheid, verantwoordelikheidsin en liefde gekweek is vir diere en die natuur.

 

\'n Drukkie vir OumagrootDankie dat Ma nie alleen lief is en omgee vir Ma se eie kinders nie, maar ook Ma se kleinkinders en klein Shani.  Dankie vir elke gedagte, elke gebed en elke bekommernis (aaaai, en soms pure verniet!).  Dankie dat Mams maar altyd daar was, selfs wanneer ons so in ons eie pyn en hartseer toegewikkel was dat ons nie kon besef dat Mams ook maar saam met ons deur dieselfde pyn en hartseer gaan nie.  Net moederliefde kan al hierdie dinge  regverdig.

 

Ek besef so absoluut – hoe ouer ek word en hoe ouer my eie kinders word – dat ‘n ma se liefde nooit taan nie, dat besorgdheid oor jou kinders se welstand nooit verwelk nie, dat ‘n mens elke hartseer en elke vreugde net so intens met hulle deel as toe hul klein, afhanklik en onder jou vlerk was. Dat dit jou eie lewe noodwendig affekteer wanneer jou kind ondelukkig is.  Dat dit omtrent die moeilikste ding op aarde is om slegs ‘n toeskouer te moet wees in ‘n volwasse kind se lewe – lynreg teen Moederinstink se natuur. Dat jy met alle mag in jou hulle steeds sou wil beskerm teen die groot seerkry van die lewe – as jy maar net kon.  Dat Moederliefde nooit verander nie – net kinders verander want hulle word groot en onafhanklik.  Vir al die kere wat ek Mams se besorgdheid in die verkeerde lig gesien het, vra ek om verskoning – ek verstaan dit nou.  Ma se kinders sal ons bly tot die dood ons eendag skei  (en ons is al mooi groot, hoor!)

 

My liewe Ma, mag die jare vorentoe vir Mams mooi, geseende, liefdevolle en rustige jare wees.  Mag rede tot kommer oor Ma se kinders absoluut minimaal wees.  Mag Mams uitbundig en voluit lewe.  Mag die goue jare wat vir Ma voorle vir Mams ware goue ervaringshjare wees.

 

Life begins at ………. 70?  – wow – go Girl – make the most of it!!

 

Al my liefde

Von

GEVOELENTHEID…

Gone crazy – gone camping!