IETS OM OOR NA TE DINK

“If I had my child to raise all over again,

I’d finger-paint more, and point the finger less.

I would do less correcting and more connecting…..

I’d take my eyes off my watch, and watch with my eyes.

I’d stop playing serious, and seriously play…..

- Diane Loomans -

* Ons kinders word nie met ‘n vaste IK gebore nie.

* Elke kind erf potensiaal van sy ouers.

* By geboorte lê hierdie potensiaal opgesluit in biljoene “los” (onverbinde) breinselle.

* Verbinding tussen los breinselle vorm as gevolg van dag-tot-dag stimulasie, of toevallig, of doelbewus deur beplande aktiwiteite.

* Hoe meer verbindings tussen los breinselle gevorm word en hoe beter die kwaliteit van hierdie verbindings is, hoe intelligenter sal die brein funksioneer (Time – Feb 1997).

* Om skoolgereed te wees, moet ‘n kind in 50 verskillende areas goed ontwikkeld wees.

* Al hierdie areas bestaan gelyktydig vanaf geboorte tot sewe jaar en moet eweveel aandag kry om gebalanseerd, stap vir stap te ontwikkel.

* Elke kind het sy eie sterk punte en swak punte.

* Swak ontwikkelde areas lei tot onderprestasie.

* Die oplossing lê daarin dat ons ons kinders se sterk en swak punte ontdek, en dan daarop fokus om die swakker areas uit te skakel. So kan elke kind sy volle potensiaal bereik.

Die mees vatbare tydperk – 0 tot 2 jaar : 50% van jou kind se uiteindelike volwasse intelligensie is ontsluit op vierjarige ouderdom!

(Krediet : PRACTICA/Bridget Clarke Photography & Liam)

THOSE WERE THE DAYS!

Aai, hoe lekker nostalgies raak ek toe in die proses van foto-soek van my matriekafskeid. Het sowaar ook nog die spyskaart van daardie aand (Sorry ouens, ek’s ‘n self-erkende-opgaarder, maar ek werk daaraan.)

Ek was in ‘n Handelskool. Ons was vier matriekklasse: een Engelse klas en drie Afrikaanse klasse. Nodeloos om te se, was die seuns maar eina-min in die hele skool, wat nog te se van in matriek! Ons kon dus elkeen ons eie maat vir die opwindende geleentheid saamvra.

Nie so maklik nie – GROOT probleem! Ek het op daardie stadium nog NOOIT eers uitgegaan nie, kon nie dans nie, wat nog te se van ‘n kerel gehad – raar, maar heeltemal waar. Ek was “sweet sixteen and never been kissed”. In daardie jare het ‘n meisie doodeenvoudig net nie ‘n seun uitgevra nie (altans, so het ek geglo). Ek was in sak en as, want wie vra ek nou (en eintlik mag ek nie vra nie!) – vir my was dit ‘n hele nagmerrie helder oordag (ek is eintlik’n introvert en was daardie tyd BAIE skaam en teruggetrokke). Ek het op Saterdae in ‘n hardeware winkel, waar my neef permanent werksaam was, gewerk vir sakgeld. Neef het toe ‘n outjie wat saam met ons gewerk het gevra om my te vergesel en die Kaap was genadiglik weer Hollands en my wereld reg op sy voete.

Ons tema was Oosters (sulke lekker pienk en wit kreukelpapierbloeisels die hele wereld vol – tot die potplanthouers was met groen kreukelpapier oorgetrek – eat your heart out!). My ma het my rok gemaak en ek het daardie aand werklik soos ‘n prinses gevoel – onthou, eerstes van alles!

Uit my dagboek: “By die voordeur het hy my in sy arms geneem en teer gesoen. ‘n Onvergeetlike oomblik. Ek het lank saam met hom gewerk en alhoewel dit die heel eerste maal was dat ons saam uit was, het ek oombliklik besef…” (oh no – can you believe this?) “…wat my gevoel vir hom is en uit vrees dat hy dit in my oe sou kon lees, het ek my losgemaak uit sy omhelsing en die deurklokkie gelui. Hy het liggies oor my hare gestreel en toe vertrek. Dis ‘n wonderlike, opborrelende gevoel hier binne in my.” (Wag hiervoor!) “My eerste liefde!! Nou besef ek natuurlik ook wat met “muisneste” bedoel word! (Kan jy nou glo dat ‘n eerste soen jou so lekker opgewonde kan laat voel – sommer LIEFDE? Ek het sweerlik te veel romantiese boeke gelees daardie tyd – of my roeping as skrywer heeltemal gemis!)

In elk geval: dis hoe dit was en toe was dit lekker! Nice om daaraan terug te dink.

(Sjoe, het nou byna veertig dae en veertig nagte gesukkel om hierdie twee items geskandeer en geplaas te kry!)

MY LIEWE MAMS……

My liewe Mams

 

Vandag – net so kort voor Moedersdag – het ons Mams se S-E-W-E-N-T-I-G-S-T-E verjaarsdag gevier!  Die sewentig kersies was nog nie eers almal aangesteek nie, toe moet ons al byna die Brandweer skakel vir die vreeslike vlam wat die lot brandende kersies tot gevolg gehad het!  Waar\'s die brandblusser?Gelukkig \'n Lang asem vir 70 kersies!is die asem nog lekker sterk en laaaaaank en was die hele vuur met een blaas geblus – dit wil gedoen word, hoor! 

 

Hene Mam, ek kan nie glo dat Mams al by sewentig trek in die lewe nie – die tyd vlieg net te vinnig – en juis dit het my baie diep laat nadink.

 

Met hierdie besonderse groot geleentheid wil ek uit die diepte van my harte vir so baie dinge baie dankie se.  Dinge wat ongemerk in die daaglikse sleur verbygaan, maar tog so ‘n blywende deel van ons elkeen se hele bestaan uitmaak, dat ons dit nie kan misken nie – die rol van ‘n Mammie in ons elkeen se lewe.

 

Eerstens, dankie aan ons Hemelse Vader wat Ma reeds vir 70 jaar vir ons gespaar het.  Ons bid dat Mams nog vir baie jare in goeie gesondheid ons lewens met ons sal deel.

 

Tweedens dankie dat Ma lief was vir ons Pa en dat ons Pa lief kon wees vir Mams – deur goeie en minder goeie tye – vir ‘n liefde wat vir ons ‘n tasbare ervaring was, jul mooi gesindheid teenoor mekaar en die voorbeeld wat dit vir ons gestel het van hoe ‘n liefdevolle huweliksverhouding kan en moet wees.  Dankie dat jy altyd netjies en goedversorg was wanneer hy smiddae tuis gekom het na ‘n dag se harde werk.  Ek weet ons huis was vir hom ‘n hawe, ‘n liefdevolle tuiskomplek.

 

Dankie dat Ma ons, Ma se kinders,  in gebed aan die Here opgedra het – van geboorte af en steeds – vir die eerste gebedjie wat ons aan Mams se knie geleer het en vir ons eerste bekendstelling aan Jesus se groot liefde vir ons.  Dit was Lewegewende saad waarmee ons self kon voortwoekker op vrugbare, voorbereide grond.

 

Dankie vir al die jare se liefde en toewyding aan Mams se gesin:  elke vuil babadoek wat geruil is;  elke drukkie;  elke soentjie;  elke pleister;  elke wakker nag langs ‘n siek kind se bed of opwag wanneer ‘n kind moes tuiskom. Dankie vir elke dik lip, gier en gril van elke kind; elke tiener/volwasse “grootbek”, beterweterigheid en houding wat Mams moes en steeds soms moet verduur;  elke bordjie kos;  elke kospakkie skool toe;  elke heerlike tuisgebakte koekie;  elke handgemaakte en -herstelde kledingstuk;  elke liefdevolle steek met die breipenne wat ontelbare vormlose bolle wol in pragtruie omskep het (sjoe, en daar was baie!);  elke gehekelde lappie – dat ons moederliefde kon ervaar van ‘n vrou wat baie liefde gehad het – en steeds het – om te gee.  Dankie dat Mams altyd vir ons daar was – en steeds is –wanneer ons op Mams se knoppie druk.  Dankie dat Ma vir ons die goeie rolmodel was van wat en hoe ‘n deugsame vrou en ma in haar huis behoort te wees.

 

Dankie dat ons huis altyd ‘n gesellige tuiste was;  dat gaste altyd welkom gevoel het en ons voordeur maar kon platloop.  Dankie vir die gemeensaamheid en samesyn wat ons as gesin gehad het.  Dankie vir elke speletjie wat ons as gesin saam gespeel het.  Vir die skoling van “vele hande, ligte werk” – dat ons van kleins af verantwoordelikheidsin geleer is.  Een van my gunsteling kleintyd herinneringe is waar Pa saans sit en trekklavier speel terwyl ons twee die skottelgoed was. 

 

Dankie dat ons geleer is om respek te he vir ander volke en hul kulture, dat daar in ons ‘n bewustheid, verantwoordelikheidsin en liefde gekweek is vir diere en die natuur.

 

\'n Drukkie vir OumagrootDankie dat Ma nie alleen lief is en omgee vir Ma se eie kinders nie, maar ook Ma se kleinkinders en klein Shani.  Dankie vir elke gedagte, elke gebed en elke bekommernis (aaaai, en soms pure verniet!).  Dankie dat Mams maar altyd daar was, selfs wanneer ons so in ons eie pyn en hartseer toegewikkel was dat ons nie kon besef dat Mams ook maar saam met ons deur dieselfde pyn en hartseer gaan nie.  Net moederliefde kan al hierdie dinge  regverdig.

 

Ek besef so absoluut – hoe ouer ek word en hoe ouer my eie kinders word – dat ‘n ma se liefde nooit taan nie, dat besorgdheid oor jou kinders se welstand nooit verwelk nie, dat ‘n mens elke hartseer en elke vreugde net so intens met hulle deel as toe hul klein, afhanklik en onder jou vlerk was. Dat dit jou eie lewe noodwendig affekteer wanneer jou kind ondelukkig is.  Dat dit omtrent die moeilikste ding op aarde is om slegs ‘n toeskouer te moet wees in ‘n volwasse kind se lewe – lynreg teen Moederinstink se natuur. Dat jy met alle mag in jou hulle steeds sou wil beskerm teen die groot seerkry van die lewe – as jy maar net kon.  Dat Moederliefde nooit verander nie – net kinders verander want hulle word groot en onafhanklik.  Vir al die kere wat ek Mams se besorgdheid in die verkeerde lig gesien het, vra ek om verskoning – ek verstaan dit nou.  Ma se kinders sal ons bly tot die dood ons eendag skei  (en ons is al mooi groot, hoor!)

 

My liewe Ma, mag die jare vorentoe vir Mams mooi, geseende, liefdevolle en rustige jare wees.  Mag rede tot kommer oor Ma se kinders absoluut minimaal wees.  Mag Mams uitbundig en voluit lewe.  Mag die goue jare wat vir Ma voorle vir Mams ware goue ervaringshjare wees.

 

Life begins at ………. 70?  - wow – go Girl – make the most of it!!

 

Al my liefde

Von