LOSMAAK

LOSHOTNOT!Xander het Maandag op sy eerste rugbytoer anderkant Britz vertrek.  Hy het so pas nege geword, is in graad 3 en ons laatlam.  “Laatlam” het geheel en al ‘n betekenis van sy eie…..
Die kleinman se onverwagse, onbeplande koms het ons werklik tot groot blydskap geskok.  Sy Ouboet was twintig en die jongste dertien ten tye van sy geboorte – dink net aan al die lekker bederf wat tussendeur daarmee gepaard gaan.
Ons weet almal dat tyd deur al die eeue heen nog steeds ‘n groot faktor is.  As jy egter reeds een – of  ‘n paar  kinders grootgemaak het, besef jy hoe KOSBAAR tyd werklik is.   Mens (dalk was dit net ek) besef gewoonlik nie as jy veel jonger is, hoe vinnig tyd verby kan snel nie.  Wanneer jy jou oë knip is jou kind/ers groot en besef jy hierdie tyd-ding met ‘n skok – voel dalk soms skuldig dat jy nie die beste van jou tyd met jou kinders gemaak het nie!
Met Xander is ons ervaring daarvan soveel intenser.  Ons het BAIE geduld, geniet elke stap van sy ontwikkeling terdeë en probeer elke sekonde so laaaaaaaaaank uitrek as moontlik.   Soms laat ons hom toe om oor te slaap by ‘n goeie maatjie – in dieselfde dorp en vir een aand!
Maar helaas, ons kind is nou nege, op sy eerste rubytoer, weg van ons – en sommer “landuit” – vir ‘n hele vier dae!  Dit was nogal ‘n soete, maar weëmoedige oomblik toe die toer-prosessie die skoolperseel verlaat.  Ons trotse, groot seun wat met soveel bravade en genoegdoening wuif met die heerlikheid van onafhanklike, ouerlose, vooruitsiening na hierdie nuwe uitdaging wat vir hom en die ander spanlede voorlê.
‘n Uiters gelukkige, genotvolle tyd in ons lewens het weereens nie stilgestaan nie.  Maar aai, die liewe LOSMAAKPROSES….

2 Responses

  1. Lyk my so laatlam is ‘n lekker storie! Hoop hy geniet sy eerste rugby toer!

  2. Ai Vonnie, waar is my comment nou heen!!!! Ek mis my seuntjie. Lekker dag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.